Skaak

Skaak word aangebied vir beginners en ook meer gevorderde spelers tydens aktiwiteitsperiodes. Skaakspelers kry die geleentheid om aan verskeie toernooie deel te neem in hul onderskeie ouderdomsgroepe. Gedurende die eerste, tweede en derde kwartale is daar ligawedstryde vir die meer gevorderde spelers. Jaarliks word Provinsiale spelers ook hier opgelewer.

 

 

 

2015

Kyle Kearney (4de O/12), André Neethling (2de O/12) en Pierre Ferreira (1ste O/14) het deelgeneem aan die Girls High skaaktoernooi in Potchefstroom. Hulle word afgerig deur mev. Lindie Prinsloo. Baie geluk!