Netbal

Liga-netbal word gespeel deur O/9 tot O/13 dogters. Daar is 2 spanne in elke ouderdomsgroep. Ons spanne neem jaarliks aan die Noordwes Platteland sowel as Noordwes Kampioenskappe deel.

Ons dames is ook voortdurend besig om hulself te verbeter as afrigters en skeidsregters deurdat hulle ook gereeld kursusse en reƫlbesprekings bywoon. Dit het uiteraard 'n positiewe effek op die standaard van afrigting en verskeie Provinsiale spelers is al opgelewer.