As per government instruction all websites operating .zaDNA top level domain name must have a landing page with a visible link to the "COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal" Please click here to access www.sacoronavirus.co.za.

Lichstraaltjie Kleuterskool

lichstraaltjie-logo

Ons is baie opgewonde oor ons kleuterskool, Lichstraaltjie, waar puik personeel daagliks ons kleuters se behoeftes aanspreek. Lichstraaltjie is 'n integrale deel van Laerskool Lichtenburg en staan onder beheer van die Beheerliggaam van Laerskool Lichtenburg.

Vanaf 2009 spog ons met 'n splinternuwe kleuterskool op ons terrein. Dit is vir die personeel prioriteit dat elke kleuter veilig en gelukkig is. Hier ontvang die kleuter doelgerigte Christelik-georiënteerde onderrig sonder dat kleuter wees skade lei. Professioneel opgeleide personeel is verantwoordelik vir die vyf groepe kleuters wat volgens ouderdom ingedeel word.

Die Kleuterskool beskik oor oor 'n Baba-afdeling, vanaf 18 maande. Die onderrigprogram maak voorsiening vir die aanleer en ontwikkeling van elke kleuter se sosiale, fisiese, emosionele en skolastiese vermoëns op weg na die Laerskool. Die skool beskik ook oor 'n naskoolsorgsentrum, waar maatjies in die middae versorg word.

Buitemuurse aktiwiteite wat aangebied word, is:
• Rekenaargeletterdheid (aangebied deur Stimulus Maksima)
• Model
• Ballet
• Musiek
• Mini-krieket
• Monkeynastix
• Playball
• Poplap Netbal
• Welpie Rugby

Gekwalifiseerde Arbeids- en Spraakterapeute besoek die kleuterskool gereeld indien hulp verlang word.

SKOOLTYE: Halfdag : 07:00 tot 13:00
                   Voldag : 07:00 tot 17:15

Personeel

Lichstraaltjie Personeel

V.L.N.R: Mev. Nicolize Seymore, Mev. Annatjie Senekal, Mev. Rina Pretorius, Mev. Jessica du Preez, Mev. Kotie Reichel & Mej. Jana Rautenbach

Middagdames

Lichstraaltjie Personeel1

Mev. Annatjie Venter & Mev. Amanda Swart

 

sassy-breed
sassy-breed
sassy-breed
sassy-breed