As per government instruction all websites operating .zaDNA top level domain name must have a landing page with a visible link to the "COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal" Please click here to access www.sacoronavirus.co.za.

Krieket en Gholf Akademies

Laerskool Lichtenburg spog met sy eie Krieket en Gholf Akademies. Mnr. Dijan de Waal, 'n welbekende professionele afrigter is in beheer van die Akademies. Puik afrigting verseker dat ons jaarliks baie goeie prestasies lewer.

Welkom by Laerskool Lichtenburg se eie Krieket en Gholf Akademies.
Is jy 'n woelige, geesdriftige sportmannetjie of "juffie"? Dan is ons eie Krieket en Gholf Akademies net vir jou. Afgesien van die aanleer van vaardighede is beide Akademies daarop gerig om 'n voorliefde vir die sportsoorte aan te kweek. Dus, laat jou ouers my kontak en wie weet oor 'n jaar kyk almal dalk met ander oë na jou!

Ons Gholf Akademie is geregistreer by die SA Golf Teachers Foundation en aangesien daar meer intensiewe onderrig gegee word is die groepe kleiner. Van ons meer gesoute spelers neem fluks deel aan die Junior Golf Foundation. Dié Akademie word trots onderskryf deur Callaway.

Die Krieket Akademie is geregistreer by die Noordwes Krieket Assosiasie en dit gaan baie goed met ons studente. B&S is jare lank al trots deel van ons Akademie.

Beide Akademies is toegespits op Krieket en Gholf vir juniors en om 'n uitmuntende grondslag te lê en ons ontvang ook studente van omliggende skole.

Toerusting is nie 'n probleem nie, ek kry alles direk van die verskaffers teen uiters mededingende pryse.

Hierdie Akademies gaan oor harde werk, geloof in jouself en 'n uitsonderlike deursettingsvermoë – goeie sportmanskap gaan oor meer as wen! Aan die studente wil ek sê: "Wees nederig in oorwinnings en aanvaar 'n nederlaag as 'n bouproses vir jou toekoms!" Ons studente bedank altyd hul ouers vir die voorreg om deel te kan wees van ons Akademie!

Sport-Groete
Coach Dijan de Waal
084 513 6770

sassy-breed
sassy-breed
sassy-breed
sassy-breed