Rekenaarsentrum
Ons rekenaarsentrum is ons trots en skitterende werk word hier gedoen. Ons rekenaarondersteunde onderrig word hanteer deur Stimulus Maksima. Die sentrum beskik oor 43 rekenaars wat dit vir leerders moontlik maak om elkeen by sy/haar eie rekenaar te werk. Leerinhoud wat ekstra aandag kry gedurende rekenaaronderrig is:
Graad 1 – 3 : Lees
Graad 4 – 6 : Lees, Wiskunde, Afrikaans en Engels
Graad 7 : Ekonomiese Bestuurdswetenskappe, Wiskunde en Engels
Die sentrum beskik oor twee opgeleide konsultante wat klasse op 'n baie hoë standaard aanbied. Alle leerinhoud integreer volledig met die bestaande kurrikulum inhoude en twee volledige verslae word jaarliks uitgegee. Alle leerders is verplig om hieraan deel te neem en die kostes is ingereken by die jaarlikse skoolfonds.