Junior- en Seniorkore
Die Juniorkoor betrek leerders vanaf grade 1 tot 3. Oudisies vind aan die begin van elke jaar plaas. Die Seniorkoor is van Graad 4 tot 7. Die kore tree tydens verskeie geleenthede op, plaaslik, sowel as in ander dorpe. Die Juniorkoor het in 2009 en 2010 die Super 8-kompetisie gewen en in 2012 en 2013 'n goue sertifikaat verwerf by die ATKV Applous Koorfees.