As per government instruction all websites operating .zaDNA top level domain name must have a landing page with a visible link to the "COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal" Please click here to access www.sacoronavirus.co.za.

Mej Liggies

Sedert 2006 het Laerskool Lichtenburg besluit dat daar jaarliks Mej. Liggies gekies gaan word. Sederdien speel hierdie dogters, met groot sukses, 'n prominente rol in die bemarking van die skool.

Die doel van hierdie Mej. Liggies is om ten alle tye, by alle geleenthede, die skool te adverteer. Fondsinsameling is die groot doel, want hierdie geld word teruggeploeg in die gemeenskap. Dit is 'n manier waarop die skool dankie sê vir die dorp wat altyd 'n oop hand het met borge en bydraes.

Die Mej. Liggies is ook baie betrokke by die skool, veral as 'n mede Liggie-maat, 'n onderwyser of ouer van die skool deur moeilike omstandighede gaan. Die Kankerkliniek, Ouetehuis en Kleuterskole word ook op 'n gereelde basis besoek, en daar word dan ook voorsien volgens behoefte.

Hulle word jaarliks gekies uit die gr. 4, 5 en 6 leerders. Een in elke graad verteenwoordig dan die skool. Daar is dus drie Mej. Liggies wat dan tydens 'n baie spesiale geleentheid, die Tieneraand, aangekondig word. Hulle het dan ook pragtige klere wat by spesiale geleenthede gedra word.

Die belangrikste les en doel voor oë is om na 'n jaar van harde werk te kan sê: "Dit was lekker om alles van myself te kan gee en niks terug te verwag nie."

Laerskool Lichtenburg is baie trots op hierdie pragtige Mej. Liggies!!

 

2015

Ons pragtige Mej. Liggies, Anneke, Vasti en Inge het vanoggend weer besoek afgelê by die ouetehuis waar hulle tee geskink en eetgoedjies aangedra het vir die oumense. Hulle het ook verlede Vrydag die maatjies van Kleutergeluk by ons skool verwelkom

 

 

sassy-breed
sassy-breed
sassy-breed
sassy-breed