WELKOM!!

Laerskool Lichtenburg is ‘n wonderlike skool wat uitstaan vir sy pragtige terrein, toegewyde personeel, gelukkige leerders en hulle lojale ouers, wat almal in vennootskap saamwerk.

Hier, tussen die mielielande,  vind jy al die geleenthede wat ‘n moderne stedelike skool bied, maar ons harte klop nog warm op die eg-plattelandse manier!

Kom en word deel van die familie waar elke individu die geleentheid kry om  sy liggie te laat skyn.

EEN LIGGIE KAN NIE DIE DUISTERNIS VERDRING NIE, MAAR SAAM VORM ONS ‘N SKOUSPEL!!

GESKIEDENIS

Hierdie pragtige skool van ons kan met reg die moeder van die skole in Lichtenburg (die Hoërskool, Burgersdorp sowel as die Engelsmediumskool) genoem word omdat die genoemde skole uit ons afgestig is. Ons skool begin vermoedelik in Januarie 1893 met 40 leerlinge (ouderdomme wissel van 7 tot 18 jaar.) Aanvanklik was ons in die eerste NG-Kerkgebou gevestig. Omdat die kerk later te klein geword het, word daar na 'n nuwe skool verskuif (waar die huidige skoolkantore is). Met die stigting van Lichtenburg deur die Britse magte word die skool as hospitaal gebruik – onderwys stort in duie. Die gebou word in 1964 gesloop. In 1914 word die Blou Klipskool, 'n gedeelte (die onthaallokaal) is nog op ons terrein, geopen. In 1971 word die huidige pragtige gebou van ons in gebruik geneem waarop ons baie trots is.