As per government instruction all websites operating .zaDNA top level domain name must have a landing page with a visible link to the "COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal" Please click here to access www.sacoronavirus.co.za.

Toelatingsvereistes

 

Die volgende toelatingsvereistes geld vir voornemende leerders om tot die skool toegelaat te word:

  1. Alle inskrywings is onderhewig aan die onderskrywing van die missie van die skool deur ouers en   voornemende leerders, sowel as die ondertekening deur die ouer van 'n dokument rakende toestemming om aan skoolaktiwiteite te mag deelneem.
  2. Leerders van ouers wat binne die natuurlike geografiese voedingsgebied van die skool werk, geniet voorkeur by toelating.
  3. Ander leerders: Eerste inskrywings geniet voorkeur op die waglys.
  4. Die ouer wat van voorneme is om leerders vir die eerste keer, aan die begin van 'n gegewe skooljaar, by die skool in te skryf, moet sodanige leerder registreer tussen Augustus en einde September van die jaar wat die skooljaar voorafgaan waarin die leerder toelating verlang.
  5. Enige ouer wat aansoek doen om registrasie en die toelating van sy/haar kind, moet die skoolhoof voorsien van die volgende:
    1. 'n Gesertifiseerde afskrif van die amptelike geboortesertifikaat van die kind
    2. 'n Gesertifiseerde afskrif van of bewys dat die kind geïmmuniseer is teen polio, masels, tuberkulose, witseerkeel, kaakklem en hepatitis B.
  6. Die kind se oorplasingskaart indien hy/sy huidiglik by 'n ander skool geregistreer is.
  7. Die kind se mees onlangse vorderingsverslag, indien hy/sy huidiglik by 'n ander skool geregistreer is.
  8. Leerders wat nie landsburgers van die Republiek van Suid-Afrika is nie se ouers moet in besit wees van 'n permit vir tydelike of permanente verblyf wat uitgereik is deur die Departement van Binnelandse Sake.
  9. Laerskool Lichtenburg is 'n enkelmedium skool met Afrikaans as die enigste voertaal. Leerders wat van voorneme is om toelating tot die skool te verkry, moet dus Afrikaans kan lees, verstaan en praat.

 

DSCN1634a 

 

sassy-breed
sassy-breed
sassy-breed
sassy-breed