As per government instruction all websites operating .zaDNA top level domain name must have a landing page with a visible link to the "COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal" Please click here to access www.sacoronavirus.co.za.

Skooldrag

SKOOLDRAG

DOGTERS

Somersdrag:

  • Voorgeskrewe blou blokkiesrok, blou onderklere, blou kouse en swart skoolskoene. Slegs kort skoolblou kleefbroek is toelaatbaar.
  • Lengte van rokke mag nie korter wees as 4 vingers bokant knieë nie.
  • Geen grys seunskouse mag gedra word nie.
  • Oortrektrui kan gedurende koel dae bo-oor die skoolrok aangetrek word.

Wintersdrag:

  • Voorgeskrewe langmou wit bloes, blou skoollangbroek en swart skoene. Die blou voorgeskrewe skooltrui/oortrektrui word gedra, of skoolbaadjie. Geen ander baadjies word toegelaat nie, ook nie die sport sweetpakbaadjie nie. Geen geruite rokke, of grys seunskouse of sykouse word in wintertyd gedra nie.

Sportdrag:

Blou kortbroek en blou hemp soos vir atletiekdrag, asook blou kleefbroek.

 

Juwele:

 

  • Slegs een paar klein silwer of goue oorringetjies of bolletjies. Een seëlring. Geen ander juwele.

 

Hare:

 

  • Lang hare moet vasgemaak word - slegs skool blou/wit linte, ens.
  • Wanneer hare kraaglengte bereik, moet dit vasgemaak word. Hare moet weg uit gesig vasgemaak wees.
  • Geen jel nie. Hare mag nie gekleur wees nie.

 

Naels:

 

  • Naels mag nie oor die vingerpunte steek nie.
  • Geen naellak mag gedra word nie.

 

SEUNS

 

Somersdrag:

 

  • Voorgeskrewe grys kortbroek, grys hemp, grys skoolkouse en swart skoene (nie velskoene nie).
  • Oortrektrui kan gedurende koel dae bo-oor hemp aangetrek word.

 

Wintersdrag:

 

  • Voorgeskrewe grys langbroek, langmouhemp, grys skoolkouse en skoolskoene.
  • Skoolbaadjie en voorgeskrewe skooltrui.
  • Geen sweetpakbroeke mag gedra word nie.
  • Geen ander baadjies word toegelaat nie, ook nie die sport sweetpakbaadjie nie.

 

Sportdrag:

 

  • Blou kortbroek en blou hemp soos vir atletiekdrag, asook blou kleefbroek.

 

Hare:

 

  • Netjies kortgesnyde hare met geen buitegewone haarstyle nie.
  • Direk om die ore moet dit skoon geknip wees.
  • Geen jel nie. Hare mag nie gekleur wees nie.

 

 
 
   
sassy-breed
sassy-breed
sassy-breed
sassy-breed