As per government instruction all websites operating .zaDNA top level domain name must have a landing page with a visible link to the "COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal" Please click here to access www.sacoronavirus.co.za.

Geskiedenis

Hierdie pragtige skool van ons kan met reg die moeder van die skole in Lichtenburg (die Hoërskool, Burgersdorp sowel as die Engelsmediumskool) genoem word omdat die genoemde skole uit ons afgestig is. Ons skool begin vermoedelik in Januarie 1893 met 40 leerlinge (ouderdomme wissel van 7 tot 18 jaar.) Aanvanklik was ons in die eerste NG-Kerkgebou gevestig. Omdat die kerk later te klein geword het, word daar na 'n nuwe skool verskuif (waar die huidige skoolkantore is). Met die stigting van Lichtenburg deur die Britse magte word die skool as hospitaal gebruik – onderwys stort in duie. Die gebou word in 1964 gesloop. In 1914 word die Blou Klipskool, 'n gedeelte (die onthaallokaal) is nog op ons terrein, geopen. In 1971 word die huidige pragtige gebou van ons in gebruik geneem waarop ons baie trots is.

main1

sassy-breed
sassy-breed
sassy-breed
sassy-breed